Charts Find an artist My Profile Register About us FAQ Contact us Blog Invite a friend Affiliates

MP3 DOWNLOADS
South Africa

lyrics for Online Superstar by NuL


Hy's 'n level 30 mudder, sy beste vriend's 'n bot
wat hy self een nag geskryf het vir 'n wetenskap taak
Hy kan code in sewe tale, hy praat HTML vlot
Kripto-analise is sy sideline-vermaak

Hy word gesoek deur die regering vir 'n hoogs geheime pos
sy ouderdom verborge agter liggies en glas
maar sy ma het hom belet om skool te verlaat
En hom bad toe gejaag om sy ore te gaan was

Chorus:
Hy is raar maar waar
Hy is 'n eksemplaar
Van iets wonderbaar
Hy is 'n Online Superstar

Hy is die Groot Gevaar
Hy is lankal daar
In jou rekenaar
Hy's 'n Online Superstar

Hy doen vryskut werk vir die Yakuza
Hy het 'n login op die helfte van die routers op die net
Sy google-hits het hy meestal self geplant
Hy is amptelik toegang tot Israel belet

Saans as hy die asblik uitvat voor die agtuur nuus
Gaan vroetel hy gou skelm in die agterplaas
Want binne-in die struik in die hoek van die erf
Het hy 'n satteliet-link gebou van binddraad en gaas

Chorus

By die skool en die huis is hy Jannie du Plessis
Maar sy online naam is K41N666
Op die ouderdom van 13 raak hy hopeloos verlief
Op 'n hoopvolle Russiese fabriekswerkeres

Haar verwagtinge was groot, sy fasade het geswik
Na net drie verbode weke in 'n IRC kanaal
Sy hart het gebloei, maar hy moes haar bedrieg
beloof om haar by Zurich lughawe te gaan haal

Chorus

go back to NuL >>









Custom Search
Custom Search
advertise | terms of use | privacy policy | report inappropriate content | site map Made in South Africa

share this page:

Share on del.icio.us del.icio.us  Share on Digg Digg  Share on facebook facebook  Share on google google  Share on muti muti  Share on newsvine newsvine  Share on Reddit Reddit  Share on stumbleupon stumbleupon   Share on yahoo yahoo